Earl September

My photo
I write what ever comes to mind. Real is me and my views/opinion. Be Yourself, be REAL Open-minded young South African who loves to follow South African politics and social issues. I try not to limit myself as I'm capable of more than where I'm now.

Wednesday 15 June 2016

Jeug, die baanbrekers van ontwikkeling


Jippie, dit is Jeugmaand! Maar het ons regtig iets om te vier?
Daar word gesê een uit vier jongmense is werkloos. Ons land se werkloosheidsyfer vir die eerste kwartaal van 2016 was 26,7% waarvan ’n groot deel – meer as 50% – jeugdiges is.

Ons is op die vooraand van Jeugdagvieringe waar ons onthou hoe honderde jongmense in 1976 opgestaan het vir dít wat hulle geglo het is reg en regverdig.

Ek kan nie help om myself af te vra nie – het hulle toe nie maar net die battle gewen nie, terwyl die oorlog voortduur?

Bendegeweld beheer ons gemeenskappe en vir so baie het dit al ’n comfort zone geword. As jy nie ’n kind voor 21 het nie, is jy nie cool nie, of die nuwe sêding is “jou kind gaan jou ouma noem”. Voorts word dwelms ook geëet soos ek lekkers kou.

Maar alles is nie verlore nie. Verlede jaar het ons die jaar van studente gesien, van
#RhodesMustFall tot #FeesMust-Fall. Jongmense het, soos 40 jaar gelede, opgestaan en sterk gestaan, van kampusse tot op die stoep van die parlement.
Hulle het die sekretaris-generaal van die ANC gedwing om op die teer saam met hulle voor Luthuli-huis te sit en Tata Madiba moes toekyk hoe duisende op die grasperk buite die Uniegebou byeenkom en aandring dat aan hul eise voldoen word.

Hier staan ons nou weer voor Jeugdag en talle gaan sê hoe belangrik die jeug is en watter belangrike rol ons jongmense speel in organisasies, ons kerke en die gemeenskappe. Die woorde sal verskil, maar almal se boodskap sal dieselfde wees: die jeug van vandag staar talle uitdagings in die gesig.
Dis geen geheim dat ons jeug uitdagings het nie, maar kan ons dit regtig nog sê? Is ons nie veronderstel om liefs met realistiese voorstelle na vore te kom nie?
Voorstelle waar ons die uitdagings aanpak, pleks van kyk wie gaan dit oplos.

Ons jeug is goed in tegnologie. Kan vir ure in ’n laptop, tablet of selfoonskerm vaskyk en nog ander take verrig aka multi-tasking.

Tog is ons ’n sogenaamde verlore generasie, ’n confused generasie. Ons is onseker omdat sommige sê daar is nie geleenthede nie, terwyl daar tog baie is, maar ons nie kan besluit watter een nie.

Baie reken dit is cool om vriende te volg, maar dink nie vir hulself nie. 

Ons dink wat ons sien, hoor en wat ons ouers en grootouers moes deurmaak, ook met ons moet gebeur. Ons is baie keer te gemaklik in ons gemaksone en bang of onseker om daaruit te styg.
Van ’n vroeë ouderdom af, word ons geleer wat is reg en verkeerd en dit behoort ons almal snags wakker te hou dat so baie jongmense die verkeerde bo die regte kies. Daar is geen kitsoplossing vir die uitdagings nie en die antwoorde lê by ons as individue.
As gemeenskappe verenig ons by groot sportbyeenkomste; kom ons verenig ook vir ons uitdagings.

Wyle oudpresident Nelson Mandela het eenkeer gesê “jongmense reik uit na ander om ’n eenvoudige toekoms te bou. Dit verg emosionele volwassenheid en morele krag”.
Ons verlede is belangrik omdat dit ons leer waarvandaan ons kom. Ons moet daaruit leer, maar ons moet ook in die hede werk om na die toekoms te beweeg.
Tata Madiba se woorde slaan dus die spyker op sy kop. Jongmense is uniek op hul eie manier en hulle reik uit. As ’n samelewing neig ons baie keer om dit nie raak te sien nie, om ons jeug te kritiseer, ons jeug te verwerp, af te skryf en die ou gunsteling, te veroordeel.

By ’n jeugsaamtrek ’n dekade gelede het Mandela gesê “jongmense moet baanbrekers van die heropbou en ontwikkeling word.
Deur die jeug se voorbeeld sal daar gehelp word dat Suid-Afrika die land van ons drome word’.


Die bou van die toekoms waarvan Madiba praat verg die morele krag, waardes en emosionele volwassenheid van ons almal deur ons jeug te aanvaar en erkenning, inligting, opvoeding, motivering en aanmoediging te bied.

Tuesday 14 June 2016

This is Caylum's story...


In my TOF support group is Samantha and Wayne, parents of little Caylym. As a support group we are trying to raise awareness and get support for not only Caylum but many other babies who are not as lucky as I was.


This is Caylum’s story, please read it, and by sharing it you doing your bit by help creating awareness.

Caylum Willemse, diagnosed with tracheobronchomalaciam, was born on 12 January with Tracheo-oesophageal fistula (TOF) and oesophageal atresia (OA). 

Tracheo-oesophageal fistula is an abnormal connection between the oesophagus and the trachea. 

Oesophageal atresia is when the oesophagus develops in two parts, meaning food cannot reach the stomach. If associated with TOF, fluid can leak into the lungs causing pneumonia. 
This rare birth defect meant he had to go for life saving surgery the next morning. The doctor that did the operation did an awesome job and in two weeks Caylum went home. The joy of his parents was short lived. Caylum started having what his mom calls choking spells or blue spell. On one occasion he was rushed to the hospital and had no heartbeat. He was stabalised after an hour and transferred to Clinton hospital where they did a bronchoscope and saw he had severe trachiamalacia and would have to go for surgery or next time we wouldn't be so lucky again.

Caylum went for the operation and recovered well and once again 2 weeks later was sent home. Things went well for about a week until his mom started noticing he sounds a lot worse at night after he was fed. His doctor was consulted and was assured it is normal for a TOF baby to make those sounds. 

Shortly there-after another incident happened where Caylum wasn't breathing and had no heartbeat. At hospital they managed to revive him and was put on a osculatory ventilator because he had milk in the lungs. 

Long story short the problem is the tracheamalacia, but only a few cases are to the extend that the trachea collapse from the back and they have now picked up he also has bronchomalacia

Dr. Russel Jennings from the Boston Children's Hospital did an operation in America, called a posterior tracheopexy, with a high success rate. Currently some local doctors are doing research on this procedure but no one is willing to perform the operation. 

In the last month he had to be resuscitated three times as his condition is getting worse. 

His parents don't have the necessary finances to take him to Boston and their prayer now is for dr. Jennings to get the necessary documentation and permission to come to the country and do the operation but also for local doctors to learn from it and more angels be saved.


His parents created this Facebook-page and YouTube channel.