Earl September

My photo
I write what ever comes to mind. Real is me and my views/opinion. Be Yourself, be REAL Open-minded young South African who loves to follow South African politics and social issues. I try not to limit myself as I'm capable of more than where I'm now.

Saturday 25 February 2012

Wat is tog in 'n naam

Jou naam speel 'n belangrike rol. Dit is jou identiteit.
Die aankondiging dat die raad van Radio KC, op sy tyd een van die vooraanstaande gemeenskap radiostasies in Suid-Afrika, die naam wil verander het soos 'n veldbrand onder veral voormalige omroepers en personeel van die radio stasie versprei en die vraag op almal se lippe waarom nou?
Vanjaar is dit die tiende jaar dat die radiostasie met sy permanente lisensie uitsaai. In September vanjaar sal die stasie sy 15de bestaansjaar vier.
Soos 'n tiener is dit seker letterlik ook die geval dat die stasie deur 'n fase gaan en die naam dan nou wil verander. Watter impak sal dit op die stasie, die omroepers en die gemeenskap hê?
Die nadeel aan hierdie verandering is natuurlik dat KC 'n huisnaam geword het en die nuwe naam kan dalk nie so lekker op die tong klink nie. As een wat die produksie proses al te goed verstaan is die grootste nagmerrie al die “jingles, drops, promo’s” wat moet verander. Daar is ook kliënte wat adverteer, hoe gaan hulle die verandering ontvang?
Maar tog kan daar ook voordeel getrek word uit hierdie “aankondiging” en dalk net dalk is die feit dat die stasie nou 15-jaar oud is en al tien jaar met sy permanente lisensie uitsaai die “gulde” geleentheid om 'n naamsverandering te ondergaan. Die huidige span, waarvan nie een in 2001 betrokke was by KC nie, sal die naamsverandering as 'n nuwe begin sien – om met 'n nuwe boek te begin.
Hoeveel weet regtig waarvoor staan KC, terwyl name soos Stasie vir die Nasie en Klank wat vrede gee gebruik is. Toe ek te hore kom aan die gedagte, kon ek nie help maar om te wonder het Koinonia Community, se naam ooit sy reg laat geskied of was dit maar net 'n naam.
Die radio stasie vir die gemeenskap, deur die gemeenskap om sake in die gemeenskap te bespreek. Kan nie help as om te wonder sal dit nou gebeur? Sal die gemeenskap die naamsverandering in programme kan bespreek? Meer nog gaan daar na die gemeenskap geluister word, en sal die gemeenskap/luisteraar gehoor word
'n Verkorte weergawe van hierdie brief het in die Paarl Post van Donderdag 1September 2011 versykn.

No comments:

Post a Comment