Earl September

My photo
I write what ever comes to mind. Real is me and my views/opinion. Be Yourself, be REAL Open-minded young South African who loves to follow South African politics and social issues. I try not to limit myself as I'm capable of more than where I'm now.

Friday 12 June 2015

Ouma se drie lesse


Liewe Ouma

Dit is vandag (12 Junie 2015) presies twee jaar dat God besluit het jy is ‘n sonneblom wat hy meer nodig het in sy tuin. Ek het lank gedink daaroor om Ouma graf te besoek, maar voel dit is ‘n plek waar ons blomme kan gaan opsit – as ek Ouma mis kyk ek na ons foto saam op my bedkassie en as ek met Ouma wil praat kan ek bid – want ek dra Ouma en al die herinerringe in my hart.

Die vermisting is groot en daar is soms nog trane. So nou en dan mik ek om te bel en dan besef ek daar gaan niemand antwoord nie. As ons vandag moes praat sou Ouma soos altyd vra hoe gaan dit met al die kleinkinders en ek sou moes jok en sê hulle is okay. Ek dink nie ons is almal okay nie, maar Ouma het my geleer en gevra om biddend te bly en soos Ouma vertrou ek op Liewe Jesus.

Ek het onlangs ou foto’s gekyk en daar was een van my en my susters met altwee ons (nou wyle) ouma’s. Dit is die enigste foto in sy soort waarvan ek weer en dit nogal my sesde verjaarsdag. Ek dink soms aan die ou sorglose dae en het ook agtergekom ek sê deesdae meer gereeld my Ouma het altyd gesê of my Ouma het my geleer...

Ek dink baie aan wat Ouma my daai laaste oggend gevra het en voel ek misluk soms, maar herinner my daaraan dat gebed dra krag en dat ek moet vertrou in God met dit wat ek vra.
‘n Jaar gelede het ek onthou hoe Ouma my eenkeer genoem het hoekom gaan studeer ek nie teologie nie en by ‘n ander geleentheid het Ouma my herineer om ‘n boodskap oor te dra en ander te motiveer hoef jy soms nie ‘n dominee te wees nie. Ek weet Ouma is gelukkig dat ek my skepper ken en dat ek altyd onthou my hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het.

Vandag soos ek weer rou oor daardie dag, twee jaar gelede, klou ek aan die drie lesse wat Ouma my geleer het
(1) Psalm 23 v.1 “Die Here is my Herder, ek kom niks kort nie”
(2) Waardes en beginsels is belangrik en geld kan dit nie koop nie. Bly by dit en glo en vertrou
(3) Gebed dra krag.

No comments:

Post a Comment